fbpx

Beeld – Netjies in pienk pak hulle die boendoe

Help mei­sies só skool vol­tooi

Twee Pot­chef­stro­mers gaan die Vis­ri­vier-ca­nyon in Na­mi­bië met kor­po­ra­tie­we drag en ’n pienk ak­te­tas in die hand aan­durf om mei­sies in Suid-A­fri­ka te help om hul skool­loop­baan te vol­tooi.

Co­bus S­teen­kamp en Eu­ni­ce van S­chalk­wyk gaan dié def­ti­ge stap­pie van 90 km in vyf dae ten ba­te van Project Dignity af­lê.

Dit is ’n nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie wat hom daar­voor be­y­wer om sa­ni­tê­re pro­duk­te aan jong mei­sies te gee so­dat hul­le nie weens ’n te­kort daar­aan van die skool af weg­bly nie.

Sue Bar­nes, stig­ter van die or­ga­ni­sa­sie, het die was­ba­re wa­re ont­werp wat hul­le ver­sprei.

Sue Bar­nes, stig­ter van die or­ga­ni­sa­sie, het die was­ba­re wa­re ont­werp wat hul­le ver­sprei.

“So ’n pak­kie was­ba­re sa­ni­tê­re wa­re kos R230. Dit hou drie tot vyf jaar en kan ’n mei­sie deur haar he­le ho­ër­skool­loop­baan neem,” sê Bar­nes.

“Byna 7 mil­joen Suid-A­fri­kaan­se mei­sies tus­sen die ou­der­dom van 10 en 19 gaan ge­mid­deld ’n week uit el­ke maand nie skool toe nie om­dat hul­le nie sa­ni­tê­re wa­re kan be­kos­tig nie. Van hul­le ver­laat die skool selfs per­ma­nent.”

Bar­nes sê haar or­ga­ni­sa­sie het al meer as 43 000 sa­ni­tê­re pak­kies in Suid-A­fri­ka en in buur­lan­de ver­sprei.

Van S­chalk­wyk, ’n mees­ters­graad­stu­dent in om­ge­wings­be­stuur, sê sy en haar vriend, S­teen­kamp, wil die Vis­ri­vier­ca­nyon gaan stap om te help met be­wus­ma­king en geld­in­sa­me­ling vir Project Dignity.

Van S­chalk­wyk stap boon­op met pienk ho­ë­hak­skoe­ne.

“Dié on­ge­mak is niks ver­ge­le­ke met die ver­ne­de­ring wat arm mei­sies son­der sa­ni­tê­re wa­re moet deur­gaan nie. Van hul­le ge­bruik uit des­pe­raat­heid koe­rant­pa­pier, gras en boom­bas om skoon te bly. Deur net R230 te gee, kan jy ’n mei­sie hier­die ver­ne­de­ring spaar en dalk help dat sy die eer­ste een in haar fa­mi­lie word wat skool vol­tooi en u­ni­ver­si­teit toe gaan.”

S­teen­kamp, ’n do­sent in po­li­sie­prak­tyk aan die Noord­wesU­ni­ver­si­teit (NWU) se Pot­chef­stroom­kam­pus, het die ak­te­tas­se waar­mee hy en Van S­chalk­wyk gaan stap, pienk ge­verf. Hy dra dan ook pienk kruis­ban­de en ’n pienk strik­das om­dat dit die kleu­re van Project Dignity is. Hul slaap­goed, kos, eet­ge­rei en kle­re vir die vyf dae moet al­les in die twee tas­sies pas.

Die stap­tog val saam met Vrou­e­dag (9 Au­gus­tus) en vrou­e­maand. S­teen­kamp en Van S­chalk­wyk be­taal self vir hul stap­tog wat op 7 Au­gus­tus be­gin. S­ken­kings kan di­rek in Project Dignity se re­ke­ning in­be­taal word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *